| ||||
Die Ming-dinastie omstreeks 1580. | ||||
Hoofstad | Nanjing (1368–1644) Beijing (1403–1644) | |||
Taal/Tale | Mandaryns | |||
Godsdiens | Boeddhisme Taoïsme Konfusianisme Chinese volksreligie Islam | |||
Regering | Monargie | |||
Keiser | ||||
- 1368–1398 | Hongwu | |||
- 1627–1644 | Chongzhen | |||
Historiese tydperk | Middeleeue | |||
- Stigting in Nanjing | 23 Januarie 1368 | |||
- Einde van Suidelike Ming | 9 Februarie 1644 | |||
Oppervlakte | ||||
- 1415 | 6 500 000 km2 2 509 664 sq mi | |||
Bevolking | ||||
- 1393 skatting | 65 000 000 | |||
- 1403 skatting | 66 598 337 | |||
- 1500 skatting | 125 000 000 | |||
Geldeenheid | bimetaal: kopergelde (文, Wen) in stringe van munt en papier Silwer taels (兩, liǎng) in sycees en gewig |
Die Ming-dinastie (1368–1644) het byna drie eeue oor China regeer. Dié tydperk word beskou as "een van die grootste periodes van ordelike regering en sosiale stabiliteit in die menslike geskiedenis".[1] Die stabiliteit is bereik deur ’n sterk outokratiese bewind, ondersteun deur ’n doeltreffende burokrasie van amptenare wat in die Konfusianisme geskool was. Die Chinese bevolking het in die Ming-tydperk verdrievoudig, van sowat 60 miljoen tot 150-200 miljoen mense, en die ryk het ’n groot kommersiële en kulturele opbloei beleef.